Konsentrasie-medikasie

Konsentrasie-medikasie


Hierdie artikel vervolg op “Vroetel iets van verlede” wat in die 17 Mei 2019 uitgawe van Voorwaarts se gedrukte koerant verskyn

Die voorskrifte vir konsentrasiemedikasie bepaal ook watter sterkte van die middel jy mag koop. Vir Concerta bestaan daar vier sterktes: 18, 27, 36 en 54 milligram. Wat beteken dit? Daar is onderskeidelik 18, 27, 36 en 54 mg metielfenidaat in die spesifieke tablet. Die 54 mg Concerta is dus die sterkste tablet.

Alle voorskrifte skryf 30 tablette voor, dit is waarom voorskrifte elke maand weer uitgeskryf moet word deur ‘n dokter.

Dr. Smith vertel verder van die misbruik van die middels. Sy noem dat daar studente is wat die tablette fynmaak. Hulle snuif dit dan sodat dit vinniger in hul bloedstroom opgeneem kan word en die stimulant in die tablet vinniger kan reageer. Hulle gebruik ook die medikasie om saans tot laat partytjies te hou.

Dr. Smith waarsku ook dat dié middels nie ewe skielik ‘n grassnyer in ‘n BMW gaan verander nie. Wanneer ‘n leerder swak doen, gaan die medikasie nie ewe skielik die leerder se uitslae die hoogte in laat skiet nie.

Toe Ritalin so verwerk is dat dit ‘n langdurige effek het, is Concerta gevorm. Daar is toe patentreg op Concerta verkry. Dit is waarom Ritalin en Concerta dieselfde bestanddele bevat, maar as verskillende middels verkoop word.

Druk hier om ‘n video te kyk oor ‘n persoon se kommentaar oor Concerta.

‘n Leerder wat sukkel om te konsentreer in die klas, teken prentjies in sy boek. Foto: Suzan Wentzel

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

6 − four =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights