Baba Hunter: dié nuwe Bonnie-baba

Baba Hunter: dié nuwe Bonnie-baba


Mnr. Avelino, juf. Leana en Hunter Rodrigues. Foto: Istelle van Graan

Op 9 April 2019 het me. Leana Rodrigues, Afrikaansonderwyseres van Hoërskool Bonnievale, ’n gesonde en beeldskone babaseuntjie in die lewe gebring. Voorwaarts gesels met Juffrou Leana oor baba Hunter.

Stem Juffrou en Juffrou se man saam oor die aantal kinders wat julle graag eendag in totaal wil hê?
Ja, twee.

Hoe het Juffrou geweet dit is die regte tyd om ’n baba te kry, aangesien Juffrou voltyds ’n onderwyseres is?
Onderwys is ’n voltydse en veeleisende werk, maar ‘n mens het ook ’n persoonlike lewe en familie waaraan jy moet bou en aandag gee. Ek het ook nie noodwendig geweet dis die “regte tyd” nie, maar die lewe werk uit soos dit moet. Nou kan ek nie my lewe sonder Hunter indink nie.

Het Juffrou enige voorkeure gehad oor die geslag van die baba?
Ons het geen voorkeur gehad nie. Aanvanklik het ek en my man albei gedink dis ’n dogtertjie, maar op die ou einde van die dag wil ‘n mens net ’n gesonde baba hê.

Baba Hunter besig om te slaap.
Baba Hunter besig om lekker te droom. Foto: Leana Rodrigues

Watter drie emosies het Juffrou gehad toe Juffrou Hunter die eerste keer vasgehou het?
Dankbaarheid. Vreugde. Liefde.

Hoe laat en waar is Hunter gebore?
In Stellenbosch om 17:55.

Hoe het Juffrou en Avelino op Hunter se naam besluit?
Avelino het die naam voorgestel en alhoewel ek aanvanklik nee gesê het, het ek al hoe meer daarvan begin hou. Hunter Rodrigues klink sterk en selfversekerd en daarom hou ons albei daarvan.

Noem die twee grootste veranderinge in jul lewens sedert Hunter se geboorte.
Ons slaap aansienlik minder en jy kan vergeet om vinnig iewers heen te gaan; dis nie meer moontlik nie. Daar is net te veel goed wat reggekry moet word voor ons iewers heen kan gaan.

Baba Hunter besig om te slaap. Foto: Juf. Leana Rodrigues

Is Juffrou bang om Hunter groot te maak in die samelewing wat tans so gejaagd en tegnologies gedrewe is?
Nie regtig nie. Tegnologie is nie noodwendig ’n slegte ding nie. Die wêreld moderniseer elke dag en tegnologie maak dit moontlik. ‘n Mens moet wel jou kinders leer om as kind tegnologie binne perke te geniet en ‘n balans te handhaaf.

Die lewe is ’n gejaag waarvan ons almal deel is, maar kinders leer waardes binne hul ouerhuis en dis daar waar hul moet leer om nie die verkeerde dinge in die lewe na te jaag nie. Die wêreld kan dan maar wees wat dit wil, hulle sal steeds aan hul waardes vashou.

As Hunter ouer is, na watter land sal Juffrou-hulle hom graag wil neem?
Portugal. Avelino se oupa en ouma het jare gelede van daar na Suid-Afrika verhuis en dit sal lekker wees om vir Hunter te wys waar ’n deel van sy familie vandaan kom.

Waar sien Juffrou Juffrou oor vyf jaar en is daar nog kinders in daardie prentjie?
Hopelik nog hier in die omgewing. My familie is hier en ek sal nie graag van hulle wil wegtrek nie. Daar sal ook nog een boetie of sussie vir Hunter wees, ja.

Voorwaarts-redaksie se geskenkie aan Hunter. Foto: Leana Rodrigues.

Loading


2 Replies to “Baba Hunter: dié nuwe Bonnie-baba”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

14 − 13 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights