Verskillende lande, verskillende ouderdomme

Verskillende lande, verskillende ouderdomme


'n Seun wat uitpasseer om sy lisensie te kry.
‘n Seun wat uitpasseer om sy lisensie te kry. Skets: Justdial.com

Verskillende lande het verskeie verskille. Een van hierdie verskille is die ouderdomme wat hulle jou toelaat om motor te bestuur.

In Suid-Afrika is die wettige ouderdom om jou bestuurderslisensie te kry 18 jaar. Volgens verywellfamily.com kan die ouderdomme wat jy jou volle lisensie in Amerika kan kry van 16 tot 18 jaar oud wissel in die verskillende state. Die ouderdomme wat jy jou leerlingslisensie daar kan kry, wissel van 14 tot 16.

In Amerika is daar vir 16 832 mense gevra wat hulle dink die wettige ouderdom om jou bestuurderslisensie te kry moet wees. 50.8% het gesê 18 jaar oud, 30.04% het gesê 16 jaar oud, 8.19% het besluit 21 jaar oud, 5.28% het gesê 15, 3.17% het gedink 25 jaar oud en 2.52% het gesê ander.

Huidige studies bewys dat die gedeelte van jou brein wat impulse en emosies beheer, uitkomste weeg en besluitneming vorm, eers voluit vorm in jou twintigs.

Volgens safewise.com moet die wettige ouderdom om alleen te kan ry 18 wees. Hulle beweer dat dit veiliger sal wees, tieners sal dan meer aktief wees en 18-jarige mense is meer emosioneel stabiel as 16-jarige kinders.

In Business Insider staan daar dat alhoewel motors en paaie veiliger geraak het, het tieners nog net dieselfde gebly. Volgens die navorser, Nicole Morris, gaan meer tieners van 16 en 17 jaar oud dood van karongelukke as enige ander ongelukke.

In dosomething het hulle elf redes gegee hoekom tieners nie moet ry nie. Van die redes: 56% van tieners praat op hulle fone terwyl hulle ry en een uit vyf sestienjarige bestuurders is in ‘n ongeluk binne die eerste jaar wat hulle hulle lisensie gekry het.

So, dit lyk of Suid-Afrika se keuse om bestuurderslisensies eers op 18 uit te reik, ‘n goeie reël is.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

13 + fourteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights