HSB-tennis: Verloor maar nie verslaan

Op Vrydag 25 Januarie het Hoërskool Bonnievale (HSB) se eerste tennisspanne teen Robertson op HSB se tuisbaan verloor.
Die HSB-spelers stem almal saam dat Robertson Vrydag die sterker span was, maar dit beteken nie dat die Bonnies moed opgegee het nie. Bonnies se sportgees is volgens hulle sterker as die teleurstelling van die verloor.
Die uitslae lyk soos volg:
Die meisiespan verloor teen Robertson met 0-22. Die seunspan verloor met 7-15.
Roelof-Willem van der Merwe is die enigste individuele speler wat as wenner van die baan gestap het. Hy en sy spanmaat, Nelius Moller, was ook die wenners van die seunsdubbels.
Cari van Eeden (eerste span) sê: “Dit was ‘n baie lekker wedstryd, maar soms as die rally nie lekker is nie, word ‘n mens maklik geïntimideer. Dit gaan nie net oor wen nie, maar om dit te geniet. Dit was ‘n harde wedstryd op ‘n baie warm dag en dit was lekker om as wenner uit te tree. Ek het my beste gegee en dit was die moeite werd.”
![]()

Ek is ‘n trotse Bonnie wat lief is vir musiek en diere. Ek geniet dit om saam met my vriende en familie te kuier.