Dwaalster skitter helder

Dwaalster skitter helder


Dwaalster: elke Dinsdagaand om 20:00 op kykNET. Foto: Facebook

Regisseur: Jaco Bouwer
Draaiboek: Nicola Hanekom
Genre: drama

Dwaalster is ‘n nuwe TV-reeks wat 8 Januarie vir die eerste keer op kykNET uitgesaai is.

Dwaalster handel oor ‘n joernalis, Annabel (Tinarie Van Wyk Loots), wat ‘n storie oopgekrap het oor ‘n besigheid, Global Oil and Gas. Die joernalis wat saam met haar gewerk het aan die storie is vermoor en Annabel glo dat sy moord iets te doen het met Global Oil and Gas. Sy besluit om te vlug uit die stad en keer terug na ‘n klein dorpie in die Karoo, Maanhaarsdrif, waar sy grootgeword het.

Die storielyn is baie interessant en dit hou kykers op hul tone. Jy moet goed konsentreer om die storie te verstaan en op hoogte te bly. Dit is ‘n goeie storie in die opsig dat dit die kyker nuuskierig maak om te sien hoe alles in mekaar sal val.

Daar is wel baie terugflitse in die storie wat ‘n mens deurmekaar kan maak, want daar is nie ‘n duidelike onderskeiding tussen dit wat in die verlede en dit wat in die hede afspeel nie.

Die akteurs in die storie is almal skitterend en die sterre-motief is goed gebruik. Die naam Dwaalster en die agtergrondmusiek lei die kyker om die bos om te dink dat dit ‘n storie oor vreemde wesens is, maar daar is geen vreemde wesens in die storie nie, net ‘n hele spul vreemde karakters.

Ek sal dit aanbeveel vir mense wat van dramas hou en nie omgee om te konsentreer nie.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

15 − 14 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights