Bonnies kry nuwe watertenke

Bonnies kry nuwe watertenke


Op 6 November 2018 het ‘n konstruksieprojek  voor die matriekhokkie van Hoërskool Bonnievale (HSB) begin. Daar word twee 10 000 liter watertenke opgerig.

Werkers besig met die bou van die platform waarop nuwe watertenke by die skool gaan staan. Die tenke en platform gaan ook omhein word. Foto: Suzan Wentzel

Die doel van hierdie watertenke is om water te voorsien aan die skool op dae wat daar wateronderbrekings deur die munisipalitiet is. Dit is ook daar as ‘n reserwebron indien Bonnievale weer ‘n droogte sou ondervind.

Die watertenke se hoofdoel is om water aan die toilette te voorsien wanneer daar wateronderbrekings is, want die skool sal nie goed kan funksioneer sonder werkende toilette nie.

Dié idee is deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) ingestel.

Mnr. Els (skoolhoof van HSB) het vertel: “Die skool betaal niks vir die opstel van die watertenke nie, die WKOD dek al die koste. Ek dink die watertenke is ‘n briljante idee.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

20 − eighteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights