Word die wetenskap geminag?
Albert Einstein is ‘n belangrike naam in die wetenskap. Selfs mense wat nie eintlik geïnteresseerd is in die wetenskappe nie het al van hom gehoor.
Is die wetenskapwêreld besig om iets van die verlede te word? Iets waarin meer en meer leerders nie meer balangstel nie? ‘n Bewys hiervan is dat in Hoërskool Bonnievale die leerders wat Fisiese Wetenskappe het slegs nege in graad 10, ses leerders in graad 11 en vyf in graad 12 is. Of dink te veel leerders net die vak is te moeilik?
Om ‘n beroep in die Fisiese Wetenskappe (FW) te volg moet jy hare op jou tande hê. “FW is nie vir die lui mense nie; dit is vir mense wat buite die boks wil dink en bereid is om ure agter die boeke te sit,” sê Mukalani Dube, onderhoofseun van HSB asook ‘n FW-leerder.
Tegnologie is een van die dinge in die wêreld waarsonder mense nie meer kan klaarkom nie. Die nuwe generasie ken nie ‘n wêreld sonder tegnologie nie. Dinge word makliker gemaak in vandag se lewe met tegnologie. Ons kommunikeer met mense regoor die wêreld, als te danke aan die wetenskaplikes wat die tegnologiewêreld ontdek en geskep het en tot ons beskikking gestel het.
Volgens my word wetenskaplikes nie meer waardeer soos hulle moet nie, want baie mense besef nie hoe anders die lewe sou wees sonder vandag se uitvindings en tegnologie nie. Ons kom kry dit hier en dink nie nog aan die mense wat dit uitgevind het of gerieflik vir ons gemaak het nie.

Die wetenskapwêreld speel ‘n baie belangriker rol as wat mense besef. In dié artikel op Wikipedia wiki loves folklore word daar gesê dat wetenskaplike navorsing ‘n belanrike rol in alle ontwikkelde lande speel.
Sonder wetenskaplikes sou ons niks omtrent ons aarde weet nie.
So, die wetenskap word onderwaardeer. Sonder die grootkoppe agter die teleskope met wit jasse, is ons maar almal net ‘n trop skape wat volg.
