Vryburgers: redenaarsaand vol vermaak

Op 29 Augustus 2018 het die jaarlikse Laerskool Vryburgers Redenaars- en Vasvrakompetisie plaasgevind. Die wenners in die redenaarsafdeling was as volg: Christiaan de Wet (HSB) in die eerste plek, Tharien Naudé (LSR) in die tweede plek en Carli Prins (LSR) in die derde plek.
Die drie skole wat hierdie jaar deelgeneem het, was: Laerskool Montagu (LSM), Laerskool Robertson (LSR) en Hoërskool Bonnievale (HSB).
LSM het stof in die ander twee spanne se oë geskop gedurende die vasvra-afdeling. LSR en HSB was kort-kort op mekaar se hakke. LSR het in tweede plek geëindig met een punt meer as HSB.
Christiaan de Wet (gr. 7), wenner van die redenaars, het die volgende te sê gehad na afloop van die aand, “Dit was baie goeie kompetisie. Ek was baie verbaas dat ek eerste gekom het. Die toesprake was baie goed en oulik uitgedink. Die vasvra was baie interessant en snaaks.”
Dié spoggeleentheid is deur die Bonnievale Vryburgers geborg en deur omliggende skole bygewoon.
Die aand is gereël deur me. Emily-Ann Rautenbach en die VRL se Kultuurkomitee.
“Dit was ‘n aand vol vermaak en jy het beslis uitgemis indien jy dit misgeloop het. Alles was goed georganiseerd en het vlot verloop. Ek het die redenaarstoesprake baie geniet en die vasvra was pret om na te kyk,” was die woorde van Lian Beukes (gr. 9).
![]()

Ek is mal oor die natuur en diere.