Vandaliste laat vensters flenters

Vandaliste laat vensters flenters


Op die naweek van 11 September het Hoërskool Bonnievale onder vandaliste deurgeloop. Oortreders het toegang verkry tot die sport-stoorkamer asook die trekkerstoor. Die trekker se ligte en die grassnyer se brandstoftenk is afgebreek en petrol en diesel is gesteel.

Die oortreders het ook tien vensters van drie verskillende klaskamers met bakstene en klippe stukkend gegooi.

Juf. Jacqui Barnardt, een van die onderwysers wie se klasvensters stukkend gegooi is, sê, “Ek voel verskriklik gewalg in die mensdom. Hulle is misdadigers. Ten minste was dit nie op my spesifiek gemik nie, aangesien ander klasse ook getref is.”

Die polisie is gekontak en ondersoek die saak. Die misdaad is ook aan WKOD Veilige Skole rapporteer.

Dit is die derde keer sedert inperking begin het dat Hoërskool Bonnievale die teiken van misdaad is.

Mnr. Johan Els, skoolhoof van Hoërskool Bonnievale meen, “Die toename in misdaad is skrikwekkend. Ons het geen ander keuse as om drastiese stappe in werking te stel om ons skooleiendom te beveilig nie.”

Die Skoolbeheerliggaam is tans besig om die uitbreiding van die kamera- en veiligheidstelsels van die skool te ondersoek.

Loading


One Reply to “Vandaliste laat vensters flenters”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × three =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights