Vallei van storms

Vallei van storms


Bonnievalers het ‘n voorsmakie beleef van hoe dit voel om in die Kaap van Storms te woon. Op Saterdag, 27 Junie, is stormsterk winde beleef wat ligte chaos in die omgewing gesaai het.

‘n Groot deel van die wilgerboom by HSB se koshuis, Huis Kalie Heese, het afgebreek. Foto: verskaf

‘n Noord-weste wind van ongeveer 50km/h het plek-plek ligte skade  in Bonnievale aangerig. Die wind het hewig geruk aan sinkplaatdakke en het ‘n koel temperatuur met ‘n minimum van 5° en ‘n maksimum van 11° veroorsaak.

Verskeie bome is ontwortel en groot takke het geknak onder die sterk wind, maar gelukkig was daar geen beserings of groot skade nie.

By Hoërskool Bonnievale se koshuis, Huis Kalie Heese, is ‘n groot deel van ‘n ou wilgerboom deur die wind afgeruk.

‘n Boom by die NG Kerk Vandermerwe in Bonnievale is heeltemal ontwortel deur stormwinde.

‘n Elektriese kabel in Buitesingel en Karoblaan het morsaf gebreek. Die Langeberg Munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling het vroegtydig seker gemaak  dat die los kabel verwyder word. Sodoende was die huisbewoners en hul troeteldiere veilig. Huise in sekere areas was vir tot twaalf uur sonder krag.

Inwoners het gevoel asof die gure wind ‘n nuwe maatstaaf van lockdown teweeg gebring het. Die naweek is Sondag met ‘n ideale winters dag afgesluit, wat geen verskoning vir opruim gelaat het nie.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

4 × 1 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights