Tienerselfdood is’n traumatiese tragedie

Die nuus dat jou kind sy lewe geneem het, kan vir elke ouer skokkend en traumaties wees. Die afgelope twee jaar was koerante, tydskrifte en die televisie vol nuus van jong kinders wat die oorsaak is van hulle eie dood.
Volgens die Center for Disease Control and Prevention (CDC) is selfdood die derde grootste oorsaak van sterftes vir kinders tussen die ouderdom van 15-24 jaar, ná ongelukke en moord.
Navorsing op kidshealth.org toon dat 95% persent van die kinders wat aan selfdood sterf, aan sielkundige afwykings soos depressie, angs, bipolêre versteurings en akohol- en dwelmmisbruik ly.
Volgens Suid-Afrika se grootste geestesgesondheidsinisiatief, die South-African Depression and Anxiety Group (SADAG), het 90% van die adolessente wat aan selfdood sterf ‘n onderliggende geestesgesondheidprobleem. Zane Wilson, stigter van SADAG, sê dat die meeste van die kinders aan depressie ly en nie onersteuning kry nie. Dié skoolleerders het dikwels ‘n gebrek aan hulpbronne, gesinsprobleme en armoede en vind selfdood as die enigste oplossing vir hulle probleme.
Volgense SADAG is 9% van Suid-Afrika se tienersterftes as gevolg van selfdood en neem daar elke dag 22 kinders hulle eie lewens. Die getal tieners wat hulle eie lewe neem, is steeds besig om te groei.
Navorsing toon dat 60% van die kinders in die Verenigde State selfdood pleeg omdat hulle toegang het tot ‘n vuurwapen in hulle tuiste.
Volgens KidsHealth is daar baie faktore wat die die risiko van tienerselfdood verhoog. Die faktore wat selfdood verhoog, is sielkundige afwykings, gevoelens van prikkelbaarheid, nood en irritasie, ‘n vorige selfdoodpoging, ‘n familiegeskiedenis van depressie of moord, mishandeling, niemand wat jou ondersteun nie en wanneer jy sukkel met jou geslagsidentiteit.
Die waarskuwingstekens vir selfdood is wanneer ‘n persoon praat oor selfdood, depressiewe neigings, ‘n skielike verandering in persoonlikheid, voorbereiding vir dood; en gedigte skryf, prente teken of opstelle skryf oor die dood. Dit beteken egter nie wanneer ‘n kind een van hierdie tekens wys dat hy/sy beslis selfdood oorweeg nie.
Vir ‘n berig deur Normalanga Tshuma op 27 Mei 2021 oor ‘n Stellenbosch-leerder wat almal geskok het nadat sy selfdood gepleeg het, is navorsing gedoen by die Wes-Kaapse Onderwysdepartment. Hulle toon dat 19 leerders die afgelope twee jaar in die Wes-Kaap selfdood gepleeg het en 43 leerders die afgelope vier jaar.
Die selfdood van tieners is ‘n ernstige tragedie vir familielede en vriende. Dit is traumaties en ontwrig gemeenskappe. ‘n Gesegde op liketoqoute.com lui so: “Dear suicidal teens, suicide is a permanent solution to a temporary problem. Sincerely, you have so much to look forward to in life”.
Kenners, sielkundiges en bronne is dit eens: Selfdood is NIE die oplossing vir jou probleme nie. Reik eerder so gou as moontlik uit na ‘n volwasse persoon soos ‘n onderwyser, ouer, mentor, predikant of maatskaplike werker, vir hulp.

Ek beskou myself as hardwerkend en betroubaar. Een van my grootste stokperdjies is skaak. Ek hou baie van sport.