‘The School for Good and Evil’
‘The school for Good and Evil‘ is ‘n fantasie verhaal geskryf deur Soman Chainani. Daar is ‘n hele reeks boeke en die eerste boek is reeds omskep in ‘n fliek.

Die verhaal gaan oor twee vriendinne, Sophie en Agatha. Hulle woon in ‘n klein dorpie met die naam Gavildon. Die twee bly albei aan verskillende dele van die dorpie. Hulle word gereeld geboelie deur die ander kinders in die dorp.
Sophie en Agatha is albei baie lief vir lees. Op hul daaglikse besoek aan die biblioteek het die bibliotekaris vir hulle ‘n mite vertel van ‘n skool vir die goeie en die bose. Sophie se aandag was dadelik gevang. Die skool is deur twee baie kragtige broers geskep, om die balans tussen die goeie en die bose te hanteer in die fantasie wêreld. Die twee broers het hul kragte gedeel om die vrede tussen goeie en die bose te handaaf, maar die bose broer wou meer gehad het…
Agatha was tevrede met hoe haar lewe was, maar nie Sophie nie. Sy wou meer hê. Na hulle besoek aan die biblioteek het Sophie ‘n brief aan die skool geskryf met die hoop om aanvaar te word. Agatha was woedend gewees, maar niks kon in Sophie se pad staan om haar te keer nie. Sy het middernag die dorp verlaat, min wetend dat Agatha besig was om haar te agtervolg met die doel om vir Sophie te keer sodat sy nie voort sal gaan nie.
Agatha se plan het misluk en hulle albei is ontvoer en na die skool geneem. Sophie was vreeslik opgewonde gewees min wetend hoe die res van haar verhaal gaan verloop…
Hierdie storie neem jou op ‘n reis wat vir jou die betekenis van ware vriendskap wys en jou leer dat dinge nie altyd uitdraai soos jy hoop nie. Gaan kyk gerus die hele storie op Netflix.

Ek is mal oor kuns en ek hou partykeer van ‘n goeie uitdaging.