Vandaliste laat vensters flenters
Op die naweek van 11 September het Hoërskool Bonnievale onder vandaliste deurgeloop. Oortreders het toegang verkry tot die sport-stoorkamer asook die trekkerstoor. Die trekker se ligte en die grassnyer se brandstoftenk is afgebreek en petrol en diesel is gesteel. Die oortreders het ook tien vensters van drie verskillende klaskamers met bakstene en klippe stukkend gegooi.…