Me. Baadjies sorg dat HSB-baadjie blink
Me. Wilna Baadjies, een van Hoërskool Bonnievale se algemene assistente, hou van haar werk en om met kinders te werk. Hierdie jaar, 1 September, vier sy haar 29ste werksjaar by HSB. “Ek is in Heidelberg gebore en ons het toe Kaap toe getrek. Ek het daar skoolgegaan tot gr. 3. Daarna het ons Slangrivier toe…