Sport sonder toeskouers?

Sport sonder toeskouers?


Daar is al soveel gesê en geskryf oor Kovid-19 en die impak wat dit op die samelewing het. Een van die sektore wat tot halt geroep is, is sport. Nie net het spelers verlangend gesit en kyk hoe hulle van die oefenveld gehou word nie, maar van die wedstrydveld ook.

Rugbyspelers van die Borussia Dortmund-span besig met ‘n oefening. Foto: Sports.ndtv.com

Met skolesport wat onlangs in spanverband hervat is, sit ons nou met ‘n aangename mondvol sportbyeenkomste en dit maak nie saak dat dit sonder toeskouers aangebied word nie. Of hoe?

My mening oor die belangrike invloed wat toeskouers op sport het, is as volg:

1. Dit help spelers positief bly

Wanneer spelers juigende stemme van ondersteuning en vreugde van langs die baan of veld ervaar, skep dit ‘n positiwiteit wat andersins nie daar sou wees nie.

2. Help spelers met selfvertroue

Toeskouers wat ‘n span toejuig, gee die spelers die gevoel dat die skare hulle vertrou om te wen en dit gee hul selfvertroue ‘n ongelooflike hupstoot. Wanneer ‘n span dus ook tekens van verloor toon, en voel asof hulle nie meer goed genoeg is, of nie meer ‘n kans staan nie, is toeskouers die teenmiddel.

3. Bou gees en verhoog motivering

Die sing van ondersteunende liedere vanaf ‘n pawiljoen, met wysies en hande wat klap, skep ‘n opbouende atmosfeer wat die span of skool se gees aanhelp. Om ondersteuners vir jou span, vanaf die baan of veld, te hoor sing, gee jou ‘n wonderlike gevoel wat jou dryfkrag vir die wedstryd verhoog. Dit motiveer ook die span vir wie gesing word om na die beste van hulle vermoë te speel sodat hulle nie hul ondersteuners teleurstel nie.

4. Toeskouers kan die eindresultaat beïnvloed

Die observasie deur toeskouers, hoe passief ook al, kan jou span se eindresultaat drasties beïnvloed. Die passie van ‘n skare kan jou aanmoedig om te WIL presteer.

Alhoewel spelers in hulle element is omdat wedstryde weer mag plaasvind, is ek van mening dat toeskouers ‘n span kan aanmoedig en dryfkrag gee om beter te presteer.

Die juig van skare is so belangrik soos ‘n bal, rugby- en netbalpaal in ‘n wedstryd!

 

*Opdatering: kontakwedstryde is onlangs weer deur die Departement van Basiese Onderwys verbied, weens ‘n moontlike derde Kovid-19-vlaag wat Suid-Afrika in die gesig staar:

Loading


One Reply to “Sport sonder toeskouers?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

20 − 1 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights