Splitsing van Afrika. Nou of eers oor ‘n paar jaar?

Splitsing van Afrika. Nou of eers oor ‘n paar jaar?


Asof die jare 2020 tot 2022 nie erg genoeg was as gevolg van Kovid-19 nie, vind ons in 2023 vir seker uit dat Afrika die kontinent besig is om te skei.

Foto: pexels.com
Foto: pexels.com

Die splitsing van die kontinent Afrika vind al vir die afgelope 30 miljoen jaar plaas, waar die Arabierse tektoniese plaat wegbeweeg van Afrika, met ongeveer vyf tot sewe millimeter per jaar.

In 2018 in Kenya het daar ‘n massiewe sloot in die grond verskyn wat ongeveer drie tot vyf meter diep was, waar inwoners reeds daardie tyd gedink het dat dit bygedra het tot die splitsing van Afrika.

Gelukkig was die oorsaak van die sloot gronderosie en hewige reën.

Die ligte aardbewing wat in 2020 in Kaapstad plaasgevind het, kon dalk bygedra het tot die proses van splitsing omdat die aardplate reeds daardie tyd wegbeweeg het van mekaar.

Wanneer Afrika verdeel, sal daar  ʼn nuwe oseaan vorm en gedeeltes van Ethiopië en Somalië sal verspoel word, wat dan eilande in die Indiese Oseaan sal word.

Alhoewel die splitsing van Afrika nie sigbaar sal wees in ons leeftyd nie, sál dit gebeur en die gevolge daarvan kan al klaar gesien word.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

4 × 3 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights