Spele vier atletiese meesters
Die Olimpiese Spele is ‘n internasionale sportbyeenkoms wat elke vier jaar plaasvind, met somer- en winterkompetisies. Dit bring atlete van reg oor die wêreld saam om teen mekaar te kompeteer in verskeie sportsoorte. Hierdie jaar was die Spele in Parys, Frankryk, vanaf 26 Julie tot 11 Augustus.
Die openingseremonie is in die ikoniese Champs-Elysees asook op die Place de la Concorde gehou. Dit is hierdie jaar die derde keer wat die Spele in Parys plaasgevind het. Die spele was ‘n geleentheid vir die wêreld se beste atlete om te bewys waarvan hulle gemaak is en hul land trots te maak.
Die medaljes was hierdie jaar van dieselfde materiaal gemaak as wat gebruik was om die bekende Eiffel-toring te bou.

Mnr. Barry Hendricks, president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Spele (Sasok) sê: “Om gekies te word om jou land te verteenwoordig is een ding, maar ‘n Olimpiese Spele is net soveel meer spesiaal.”
Daar was altesaam 140 atlete van 19 sportsoorte wat Suid-Afrika vanjaar by die Olimpiese verteenwoordig het.
Suid-Afrika was 44ste op die wêreldranglys met ses medaljes in totaal. Een van hierdie medaljes was goud, drie silwer en twee brons.
Die VSA was eerste op die ranglys met ‘n groot totaal van 126 medaljes. Tweede was China, met 91, en derde Japan, met 45.
Die Spele is ‘n internasionale platform vir die beste atlete om hul vaardighede ten toon te stel en te streef na ‘n medalje.
Die Paralimpiese Somerspele sal hierdie jaar tussen 28 Augustus en 8 September 2024 in Parys plaasvind.
Die volgende Olimpiese Spele sal in die jaar 2028 in Los Angeles in die VSA plaasvind.

Ek is tans in graad 12 en hou van drama en die kunste. Om vir die publiek nuus te verskaf gee vir my vreugde
3 Replies to “Spele vier atletiese meesters”
Dit is n goeie be planning vitr die jeug in die vooriut sig vir die jare wat nog kom Om sy land the kan virteenwoordig teen die beste van die wereld.
Goeie inhoud en werk Monville.
Goeie inhoud