Rekordeksamen-opinies: rekordpunte of reuse ramp?
Die matrieks van Hoërskool Bonnievale het op 30 Augustus met hul rekordeksamen begin. Hoe gaan dit sover met hulle in dié eksamen?

“Ek voel baie positief oor die rekordeksamen sover. Ek dink al wat verskil van die Junie-eksamens is die tye wat ons pouses het! Ek het veral my Rekeningkunde- en Lewenswetenskappevraestelle geniet. Ek dink die grootste stresfaktor is maar die Wiskunde wat nog kom (en dalk die matriekafskeid daarna).

“Die rekordeksamen is persoonlik vir my nogal rof. Daar is baie min tyd vir baie werk wat ons moet leer, maar dit berei ons ook goed voor vir die eindeksamen.”

“Die rekordeksamen is sover vir my heel lekker. Ek het die afgelope twee weke moeilike vakke gehad en min slaap gekry. Dit is ‘n goeie voorbereiding vir die eindeksamen. Ek voel dat as jy nou hard leer, jy goed voorbereid sal wees vir die eindeksamen.”

“Die rekordeksamen is regtig ‘n gekners van tande, maar as jy hard werk, sal jy die resultate kry wat jy wou hê. Dit is wel harde werk, maar dit is die moeite werd.”

Ek geniet dit om saam met my vriende en vriendinne te kuier. Ek is baie lief vir musiek en netbal. Om te lag is my gunstelingontspanning.