Redenaars: deelname verswak

Redenaars: deelname verswak


Redenaars-deelnemers v.l.n.r.: Ghilermo Jones, Rachelle du Preez, Hilda Jonker, Jan-Hendrik Wentzel, Kia Mouton, Rachel Jonker en Mia Beukes. Foto: Lian Beukes

Op Maandag 19 Februarie 2018 het die eerste rondte van Hoërskool Bonnievale (HSB) se jaarlikse redenaars in die mediasentrum plaasgevind.

Redenaars was nog altyd ‘n belangrike kultuurbeen van HSB. Dit bied leerders ‘n gulde geleentheid om met selfvertroue ander mense te oorreed, te vermaak, in te lig en te motiveer.

Deelnemers was egter vanjaar so skaars soos hoendertande, met slegs sewe sprekers wat aan rondte een deelgeneem het. Hulle was: Ghilermo Jones (gr. 9), Rachelle du Preez (gr. 10), Jan-Hendrik Wentzel (gr. 11), Rachel Jonker (gr. 11), Hilda Jonker (gr. 12), Mia Beukes (gr.12) en Kia Mouton (gr. 12).

“Ek sou baie graag wou hê dat daar meer kinders moes deelneem. Ek dink dat die aand dan baie lekkerder sou wees. Die aand het steeds vlot verloop en ek het dit baie geniet om my toespraak te lewer en na die ander kinders te luister. Al die sprekers het baie moeite met hulle toesprake gedoen en ek kon baie leer. Ek het veral baie van Kia Mouton se toespraak gehou,” was die woorde van Ghilermo Jones.

Lian Beukes (gr.9) het ook die volgende te sê gehad, “Dit is `n groot jammerte dat daar so min sprekers was. Ek sal baie graag wil hê dat die skool op kulturele vlak sterker moet word. Die sprekers wat wel gepraat het, het baie goeie toesprake gelewer. Ek het elke toespraak interessant gevind en die sprekers het almal dit baie goed gelewer.”

Die wenners van die jaar se redenaars sal na afloop van die tweede rondte, wat in die derde kwartaal plaasvind, bekendgemaak word.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

16 − 5 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights