Purple Hearts pronk op Netflix

Purple Hearts is ‘n romantiese drama geregisseer deur Elizabeth Allen Rosenbaum. Hierdie film het vinnig een van die gewildste flieks op Netflix geraak. Dit het tot ‘n vyfde plek op die SA-ranglys geklim en is nou al vir die afgelope vyf weke in die top 10.
Purple Hearts het op die 29ste Julie 2022 verskyn. Die hoofkarakters is Cassie Salazar (Sofia Carson) en Luke (Nicholas Galitzine). In die fliek kyk ons na twee kompleet verskillende harte (in rooi en blou) wat teen die einde pers maak.
‘n Sukkelende musiekkunstenaar en ‘n patriotiese Amerikaanse soldaat wat voorberei vir ontplooiing, wat albei finansiële skuld dra, stem in om tydelik te trou vir die gesondheids- en finansiële voordele wat die weermag bied.
Die twee gaan die “ooreenkoms” aan om ‘n bykomende toelaagverhoging te kry sodat Cassy die nodige behandeling en medikasie kan kry vir haar chroniese diabetes en sodat Luke die spoke van sy verlede agter hom kan sit.
Alhoewel hulle valse huwelik in iets bonatuurlik ontstaan het, het dit baie opofferings, geduld en uithouvermoë gekos om daar uit te kom. Dit is ‘n les wat die kykers saam met hulle kan dra in die lewe. Dit is die moeilikste tye wat die beste eindresultate bring.
![]()

Ek is Lee-Colynn Baadjies — trotse Bonnie en trotse redaksielid.