Prysuitdeling prys prestasies
Op 19 Oktober 2021 kon Hoërskool Bonnievale (HSB) vir die eerste keer in twee jaar weer ‘n volwaardige prysuitdeling hou. Tydens dié spoggeleentheid is die hoofleiers vir 2022 ook aangekondig, nl. Heinrich Wentzel as hoofseun en Marlé Oostuizen as hoofmeisie.

Hier is Heinrich se kommentaar oor die prysuitdeling sowel as sy drome vir 2022:
Hier is wat Marlé te sê het oor die prysuitdeling en haar nuwe termyn as hoofleier:

Hierdie prysuitdeling was een van die eerste saalbyeenkomste wat sedert 2020 se eerste kwartaal gehou is.
Daar is ook inligting deurgegee oor volgende jaar se veranderinge met ‘n groot gros onderwysers wat aftree of die skool tydelik verlaat vir kraamverlof. Hier het mnr. Johan Els, skoolhoof van HSB, amptelik aangekondig dat mnr. Stefan Prins, huidige graad 10 tot 12 Afrikaansonderwyser by HSB, volgende jaar as skoolhoof gaan dien by HSB.
Daar het ongelukkig nie sport die jaar plaasgevind nie, so daar was aansienlik minder pryse op die spel. Dit was nogtans ‘n graat prestige-aand met hardwerkende leerders wat erkenning gekry het vir wat hulle die jaar bereik het ten spyte van Kovid.
Die aand is met skriflesing deur 2021 se hoofmeisie, Allison Fourie, geopen. Die gehoor is later deur Téo Mouton vermaak met ‘n klavierspel en die aand is afgesluit met die tradisionele HSB-skoollied, begelei deur juf. Deseré Wentzel.

Ek is ‘n trotse Bonnievaler, wat hou van programering en musiek. En is natuurlik, ‘n trotse VOORWAARTS-redaksielid!