Plaaslike protes teen plaasmoorde

Plaaslike protes teen plaasmoorde


Op Vrydag 16 Oktober is ‘n optog, ter ondersteuning van boere wat deur plaasmoorde bedreig word, in Bonnievale gehou. Die optog is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vergesel. Die konvooi het bestaan uit ‘n groep perderuiters, bakkies en trekkers.

Dié vreedsame betoog is gereël deur die Have a Heart Equine Sanctuary en het twintig kilometer gestrek; vanaf die reservaat self tot by die NG Kerk Vandermerwe in Bonnievale en weer terug.

By die kerk gekom, het die optoggangers eers gestop en na ‘n kort boodskap deur ds. Willem Liebenberg van die NGK Vandermerwe geluister. Daarna het hulle wit kruise vir vermoorde boere neergelê en gebid. Daarna het hulle weer terug gedraai.

“Ons is nie self boere nie, maar ons ondersteun die boer wat kos vir ons tafel voorsien en veral die kos vir ons reddingsperde. Dit is tyd dat ons praat. Ons moet bewusmaking oor plaasmoorde in Suid-Afrika versprei! Dit moet stop!” sê Marc Ward, ‘n dieremishandelingondersoeker vir die Have a Heart Equine Sanctuary.

Die optog volg ná die onlangse moord van ‘n jong boer in Senekal, wat politieke onrus oor die land tot gevolg gehad het.

Die Bonnievale-gemeenskap is binne ses maande deur twee grumoorde van boere in die omgewing geruk: mnr. Tool Wessels in Mei 2019 en die Van Zyl-egpaar in Desember 2018.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

11 + 19 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights