Ondraagbare somershitte
In Februarie en Maart het almal ontsettend warm gekry.
Ongeveer ag leerders van Hoërskool Bonnievale is gevra hoeveel glase water hul per dag drink. Meer as die helfte van daardie leerders drink geen water nie en net gaskoeldrank, maar die wat wel water drink, drink om en by vyf tot tien glase per dag.
In elke klas is daar ten minste twee werkende waaiers, maar in die RTT klas is ook ‘n lugverkoelingstelsel. Afhangend van die handelsmerk soos Daikin lugverkoelers kan pryse van lugverkoelingstelsels wissel tussen R2500 en R35000.
Die meeste kinders wat gevra is, verkies om baie koeler aan te trek skool toe, asook by die huis.


Ek is tans in graad 12 en hou van drama en die kunste. Om vir die publiek nuus te verskaf gee vir my vreugde