Nuwe HSB-noodhelpers opgelei

Nuwe HSB-noodhelpers opgelei


Lucrecia Prins (gr.9) besig om haar KPR te oefen by die opleiding. Foto: Ben Carel van Niekerk

Op Woensdag 10 Julie en Donderdag 11 Julie 2019 het vyftien Vlak 1-noodhulplede van Hoërskool Bonnievale (HSB) opleiding deur mnr. Jaco du Plessis van NFAA (National First Aid Academy) ontvang. Die opleiding het in die klubhuis van HSB plaasgevind.

Die Vlak 1-leerders het onder andere meer geleer oor die uitvoer van KPR (Kardiopulmonêre Resusitasie), verskillende maniere om verbande te gebruik en die Heimlich maneuver. Dié leerders het ook geleer hoe om alledaagse beserings, soos brandwonde en neuse wat bloei, te behandel.

Daar was ook geleentheid om vrae te vra oor die behandeling van beserings waaroor hulle onseker was. Dit was twee dae van harde werk, baie leer en baie lag.

Jana Coetzee (gr.9) het die volgende oor die kursus te sê: “Ek dink dit was baie interessant en ek het baie inligting ontvang wat jy nie sommer op enige plek kan kry nie. Die kursus was vir my ‘n groot sukses, want ons kon dit wat ons geleer het op mekaar en op ‘n pop toepas. Dit kan ons baie help in die toekoms. Vir my was die praktiese dele die lekkerste, want ons is reggehelp as ons foute gemaak het.”

Jevénon Matthys (gr. 9) besig om Marlé Oosthuizen (gr. 9) se polsslag te neem. Foto: Suzan Wentzel

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

4 × 4 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights