Huis Kalie Heese trek nuwe baadjie aan

Huis Kalie Heese trek nuwe baadjie aan


Huis Kalie Heese (Hoërskool Bonnievale se koshuis) is tydens die Junie-vakansie aan die binnekant oorgeverf. Hierdie proses het min of meer R220 000 gekos.

Volgens mnr. Koos Wentzel, Koshuiskomiteevoorsitter van die Skoolbeheerliggaam, het die koshuis die verf dringend nodig gehad, aangesien dit meer as 40 jaar laas aan die binnekant geverf is.

Die mure van die eetsaal nadat dit geverf is. Foto: Drika Steyn

Wihlfredo Moses, ‘n gr. 12-koshuisleerder het die volgende te sê: “Ek is baie bly dat hulle besluit het om die koshuis oor te verf. Dit was definitief nodig. Dit lyk nou baie netjieser en mooier as wat dit gelyk het. Alhoewel dit al baie beter lyk, sou ek dit verkies het as hulle dit ‘n ander, meer helder kleur geverf het, want ek dink die grys is dalk bietjie vervelig.”

Al die mure is ‘n nuwe lagie gegee en die kombuiskaste is ook geverf.

Die koshuisinwoners is baie trots op hoe die koshuis nou lyk. Die matrone, me. Annette Swanepoel, het baie spoggerig vertel waar die koshuis orals nou weer blink.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

4 × 3 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights