Matrieks vlieg om baan

Matrieks vlieg om baan


Die matrieks van 2021 hardloop hulle laaste rondte om HSB se atletiekbaan tydens die informele Matries vs. Res-aflosbyeenkoms.
Foto: Heinrich Wentzel

Hoërskool Bonnievale (HSB) het op Donderdag 26 Augustus 2021 ‘n informele Matrieks vs die Res-aflosbyeenkoms gehou. Die Matrieks het die kompetisie met dertien punte teenoor die Res se tien gewen.

Die aflos was veronderstel om op Donderdag 19 Augustus 2021 plaas te vind, maar as gevolg van onvoorspelde reën was dit geskuif na Donderdag 26 Augustus.

Hoewel daar min deelnemers was, was daar baie gees. Veral min matrieks het opgedaag as gevolg van ‘n maagvirus wat onder hulle versprei het.

Langs die baan het leerders gejuig en mekaar aangemoedig. Twee van die top-matriekatlete, Charl Jones en Alec Barkley, het dieselfde uitrusting aangehad.

Johané Neethling, ’n matriekleerder het die volgende te sê, “Vandag was baie lekker vir my, want as gevolg van Kovid-19 was so baie goed afgestel en so baie groot oomblikke in ons matriekjaar was van ons ontneem. Dit was baie lekker vir my om ’n aktiwiteit te doen saam met my graadgroep sowel as my vriende.”

“Vandag se aflos het my weer laat dink aan die goeie herinneringe van toe ons nog byeenkomste gehad het. Dit was baie lekker en ek hoop ons kan weer binnekort nog meer sulke byeenkomste hou,” sê Carli Erasmus, ’n graad 10-leerder.

Die vasberadenheid tussen Roelof-Willem van der Merwe (links) en Joslin Witbooi (regs) is baie duidelik.
Foto: Heinrich Wentzel

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

sixteen + nine =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights