Lleyton Davids: man van vele talente

Lleyton Davids: man van vele talente


Oud Bonnie, Lleyton Davids is vandag die Suid-Afrikaanse driesprong kampioen! Hy het sy internasionale kleure verwerf in atletiek en is op die oomblik nommer een drie spronger in Suid-Afrika, 5de beste in Afrika en 65ste op die wêreldranglys.

‘n Meer onglangse prestasie wat hy behaal het, is sy deelname aan ‘n 7’s toernooi op Sondag 29 Oktober. Hier het Lleyton teen die Blitsbokke gespeel in Stellenbosch. Hy was ‘n verteenwoordiger van die Gelsquad.

Hoe is u in die Gelsquad-span opgeneem?

‘n Afrigter van Worcester het my gekontak en gevra om deel te wees van hul span. Ek het toe gehoor dat ons eerste wedstryd teen die Blitsbokke gaan wees en ek was baie opgewonde.

Hoe het u dit ervaar om vir die eerste keer deel te neem aan ‘n 7’s toernooi teen die Blitsbokke?

Dit was ‘n voorreg om teen hulle te kon deelneem. Ek was die eerste persoon om punte aan te teken in die wedstryd en dit was vir my ‘n groot prestasie.

Wat is jou doelwit?

My doelwit is om eendag vir die Springbokke te speel, maar ek sien myself eintlik uitdraf vir die Blitsbokke. Dis waar ek in my element sal wees, want dan kan ek vrylik my spoed gebruik.

Beplan u om verder ‘n loopbaan in rugby te bou ? 

Natuurlik, indien ek raak gesien word deur groter unies sal ek voortgaan om ‘n loopbaan in rugby te bou; alhoewel atletiek die eintlike sportsoort is waarin ek uitblink.

Wat sien jy jouself bereik binne in die volgende vyf jaar?

Ek beplan om terug te gaan Dubai toe waar ek deel is van ‘n atletiek klub. En om dan op ‘n latere staduim terug te ploeg in my gemeenskap.

Wat maak u anders as ander sportsmanne ?

Baie mense weet dit nie, maar op ‘n rugby veld gee ek eintlik nooit my alles nie. Op die atletiek baan is waar ek my volle potensiaal na vore bring.

Wat was vir u ‘n hoogtepunt van u loopbaan? 

Vir my was dit toe ek in Dubai aan ‘n plaaslike atletiekbyeenkoms deelgeneem het en kaalvoet gehardloop het. Die video van hierdie wedloop het wêreldwyd versprei en dit doen nog steeds.

Wat is een van u swakpunte en hoe kan u dit regstel?

Een van my swakpunte, veral by rugby is dat ek nie altyd gretig is om te oefen nie. En ek is maar swak as dit kom by toesprake lewer. Al manier hoe ek dit kan verbeter is om op die einde van die dag my luiheid af te skud en om meer voor mense te probeer praat.

Was hierdie 7’s toernooi ‘n eenmaalige geleentheid of kom daar meer daarvan? 

Daar kom meer daarvan. Saterdag 11 November vind die tweede toernooi plaas in Montagu en daar kom nog ‘n toernooi af in Ceres wat beloof om baie spanne te lok. So daar is nog baie geleenthede waar ek nog ‘n kans gaan kry my te bewys.

Wat is die beste advies wat u al van iemand ontvang het?

Om altyd plat op die aarde te wees en om altyd die mense wat vir jou goed was, erkenning te gee.

Wat dink u is belangrike kwaliteite van ‘n sportsman?

As jy verloor het moet jy nog steeds jou kop hoog hou en terug gaan om te werk aan jou foute. Hou altyd jou kop hoog maak nie saak wat die mense sê nie, hoë bome vang die meeste wind!

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

3 × 4 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights