KPop Demon Hunters leer waardevolle lesse
As jy iemand wat mal is oor aksie, ’n storie wat jou op jou tone sal hou en uitstekende musiek wat ‘n perfekte animasiestyl gebruik, is KPop Demon Hunters net vir jou bedoel!
KPop Demon Hunters is vervaardig deur Sony Pictures Animation Studios, dieselfde ateljee wat die bekende flieks Spiderman into the spider verse, Spiderman across the spider verse en The Mitchells vs Machines gemaak het.
Dié fliek gaan oor ‘n Koreaanse groep meisies wat bekendstaan as “Huntrix”. Die hoofkarakters se name is Rumi, Zoey en Mira. Hulle word baie vereer oor hulle musiek en lieflike stemme met die geheim dat hul “demon hunters” is.
Hoe meer aanhangers en eer hul kry, hoe sterker word die Honmoon, ‘n ding wat demone van die menswêreld skei om te keer dat hulle mense se siele kan eet.
Toe hulle hul nuwe lied “Golden” gemaak het, wat baie geluk aan mense gee, baklei die koningdemoon, Gwi-Ma, terug deur sy eie seunsgroep The Saja Boys te begin. Hulle het baie aanhangers gekry vir hul lied “Soda Pop”.
Hierdeur verswak die Honmoon en Huntrix moet aan ‘n nuwe lied dink om die Idol-toekennings te wen.
Vir ons vanuit ‘n geestelike siening, dink ons dat die film mense ‘n positiewe siening van hulself sal gee sodra hulle dit kyk en dink daaraan as ‘n boodskap of les.
Die LES: Maak nie saak hoe hard die lewe jou druk nie, jy sal daardeur kan kom met die regte denkwyse. Wees ‘n lig in hierdie donker wêreld!
Resensie geskryf deur Austin Siegelaar en Elana Mfundisi.
Ek is.