Kovid-inenting vir kinders laat ouers kopkrap
Vanaf 20 Oktober 2021 kan kinders tussen die ouderdomsgroepe van 12 tot 17 jaar in Suid-Afrika, ‘n inenting teen Kovid-19 ontvang.

Volgens Pretoria FM het die Departement van Gesondheid die vorige week gesê dat hy meer as 3 miljoen kinders wil inent.
Die Departement het dit in die aankondiging duidelik gemaak dat kinders in dié ouderdomsgroep nie toestemming van ‘n ouer of voog nodig sal hê om ‘n enkele dosis van die Pfizer-entstof te kry nie. Hierdie aankondiging het mense egter aanstoot laat neem.
Die Departement het ook genoem dat kinders in inentingslokale ingeënt sal word en nie by skole nie. Kinders wat sonder hul ouers opdaag, sal nie weggewys word nie.
Volgens ‘n opname wat Maroelamedia onder hul lesers gedoen het, het byna 40% van mense gesê dat hulle gekant is teen die inentings en dit ook nie dit vir hul kinders sal aanraai nie.
20% van ouers wat wel ingeënt is, sê dat hulle liewers wil wag tot daar meer navorsing gedoen is.
Prof. Mark Cotton (direkteur van die Familiesentrum vir Navorsing met Ubuntu verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit vir Mediese en Gesondheidswetenskappe) beveel aan dat ouers liewers hul kinders moet aanraai om ingeënt te word. Hy sê ook dat inenting van kinders daartoe gaan bydra om die pandemie onder ons voete te kry en dit kan die moontlikhied van ‘n vierde vlaag verminder omdat die kanse om die siekte oor te dra verminder.

Ek is Lee-Colynn Baadjies — trotse Bonnie en trotse redaksielid.