Jacobus, oud-Bonnie kom kuier

Jacobus, oud-Bonnie kom kuier


Jacobus Viljoen, ‘n oud-Bonnie, wat in 1981 matrikuleer het, deel sy skoolloopbaan met die huidige Bonnies.

Jacobus woon nou in Paarl saam met sy vrou. Hy bestuur sy besigheid, JV Fruit and Wine, vanuit sy huis.

Jacobus, ‘n oud-Bonnie wat later hierdie jaar die skool bysoek, staan saam met sy familie by die see. FOTO: Verskaf

Jacobus het in graad 4 by Hoërskool Bonnievale aangesluit en het sy skoolloopbaan hier voltooi. Sy pa was die bestuurderwynmaker van Merwespont, maar sy ouers moes trek, wat veroorsaak het dat hy tot in matriek in die koshuis gewoon het. “Ek was vir twee jaar in die koshuis. Ons was ‘n baie goeie groep in graadtwaalf. Ons was 32 in die klas en was ‘n hegte groep. Die mooi dinge van die lewe is dat jy die goeie vriendskappe kan koester en ook dié wat steeds staan.”

Jacobus-hulle het ‘n aktiewe WhatsApp-groep waarop 30 van die 32 klasmaats is.

Gawie van der Merwe en Ilse Nummerveld was die twee hoofleiers in 1981. Die 1981-matrieks gaan ook ‘n reünie hou in Bonnievale waar hulle die skool gaan besoek en dan in Bonnievale gaan bly.

Oom Willie, wat jare gelede die terreinnopsigter was, is nou Hoërskool Bonnievale se spook. Oor die vraag of Jacobus-hulle ook al met oom Willie te doen gehad het, sê hy oom Willie was nog nie so ‘n groot legende nie. Daardie jare was daar geen verhale oor oom Willie nie. “Ons grootste spook daardie tyd was ons skoolhoof, meneer Van der Merwe.” 

“Die kombinasie wat die skool my gebied het en my op voorberei het, is die uitstekende akademie, die goed gebalanseerde en skitterende personeel van daardie tyd.” Die sport was ook baie goed en die klomp ondersteunende ouers wat altyd langs die baan gestaan het in elke dorp by elke wedstryd.

Jacobus was ‘n sterk 100 en 200 meter-atleet, asook verspring en driesprong. Hy het ‘n verspringrekord opgestel in gr. 12. Hy het rugby gespeel tot in gr. 12 toe hy ‘n besering opgedoen het. 

Jacobus en sy vrou op hulle huweliksherdenking by ‘n restaurant. FOTO: Verskaf

“Daarna het ek vir ‘n jaar gewerk en gaan studeer in Pretoria. Ek het verder by die navorsingsinstituut in Stellenbosch wingerdbou en wynkunde studeer.”

Hy het die maatskappy begin om tafeldruiwe uit te voer. Hy is ‘n techniese kundige op tafeldruiwe en sy besigheid werk ook met die verbetering van plantmateriaal en uitvoere.

Sy familie is almal in die landboubedryf en tafeldruiwe is deel van sy lewe. Hy is ook geseënd met ‘n vrou, kinders en jong kleinkinders.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

twelve + 11 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights