Huis Martha Jonker – die perfekte verpleegsorg vir bejaardes

Huis Martha Jonker – die perfekte verpleegsorg vir bejaardes


Huis Martha Jonker
Die ingang van Huis Martha Jonker in Van Zylstraat.

Huis Martha Jonker is ‘n huis in Bonnievale waar bejaardes met die grootste respek behandel word.

Dié huis in Van Zylstraat is daar vir bejaardes wat nie meer na hulself kan omsien nie. Hier word daar 24 uur na hulle omgesien.

Daar is dag- en nagpersoneel, met twee verpleegsters wat altyd aan diens is.

Die huis het tans ses inwoners waarvan twee lede Alzheimers het.

Die bestuurder van Huis Martha Jonker is Suster Jane Philips. Sy is daagliks by die huis en haar werk is om al die administratiewe werk van die huis te doen en ook om om te sien na al die inwoners en hul medikasie te bestuur.

Die huis se inwoners word ook baie bederf. Die verpeegsters gaan stap elke dag met hulle. Daar is ook ‘n lekker gesellige kaggelvuur wat permanent brand en waar die inwoners saam kan kuier. Daar word drie maaltye per dag aan hulle gegee asook twee teetye daarby.

‘n Leerder van Hoerskool Bonnievale, Suzan Wentzel (gr.10), se droom is om eendag in die mediese veld in te beweeg. Sy het ondervinding by Huis Martha Jonker gaan opgedoen. Volgens Suzan het sy basies alles gedoen wat die verpleegsters doen. Sy het onbyt gemaak, mense gevoer, met die tannies gesels, skoongemaak en selfs valstande uitgehaal.

“Ek het dit verskriklik geniet om daar te werk en sal dit sterk aanbeveel vir iemand wat gemeenskapsdiens wil doen. Ek sal definitief vir Huis Martha Jonker vyf sterre gee, as ek nie ses kan gee nie,” het Suzan gesê.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

ten − two =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights