Drie-stop by Hoof- en Forreststraat uiteindelik terug

Ná die herstel van Bonnievale se hoofstraat die afgelope twee jaar is die stoptekens by die kruising van Forreststraat en Hoofstraat verwyder. Vir baie motoriste en inwoners, wat die pad baie gebruik, het dit ‘n massiewe probleem geskep.
Twee ongelukke het plaasgevind sedert die stoptekens verwyder is. Dit was uiters gevaarlik vir voetgangers by die voetoorgang as motors die dorp teen geweldige snelhede binnekom. ‘n Werker van die Langeberg Munisipaliteit, mnr. Johannes Snyman, het vertel dat die onpraktiese parkering ook daartoe bygedra het tot die bogenoemde twee ongelukke, want die motors is te na aanmekaar geparkeer.
Mense van die gemeenskap, wat die probleem opgetel het, soos mnr. Juri Kleinveldt, het die probleem aangespreek en mense begin ingelig daaroor. Hy het ‘n petisie opgestel en ook aansoek gaan doen by die munisipaliteit om hierdie stoptekens weer terug te bring. Die petisie was suksesvol en die stoptekens is terug gebring.
Vandat die stoptekens weer terug is, was daar nog geen ongelukke nie.
Verskeie inwoners van Bonnievale wat die pad elke dag gebruik, voel dit is die beste opsie dat daar stoptekens by Forreststraat en Hoofstraat aangebring is. Dit verhoed baie probleme en voetgangers kan nou veilig die voetoorgang oorsteek.

Ek is ‘n hardwerkende en toegewyde jong dame wat glo waar daar ‘n wil is, is daar altyd ‘n weg. Om te skryf is een van my stokperdjies, want ek hou daarvan om my verbeelding te gebruik. Ek is ‘n avontuurlustige mens en sien altyd kans vir ‘n uitdaging!