Groener toekoms vir Langeberg
Ons almal weet dat herwinning die moontlike uitweg is en ons lewe groener sal maak. Maar dit sal nie net sommer vanself gebeur nie. Ons kan plaaslik begin en dan verdere stappe neem om ons aarde op te pas. Ons kan plaaslik, REG herwin.
“Wes-Kaapse afleidingsteikens vir Organiese Afvalbestuur (2018) word geïdentifiseer as ‘n problematiese afvalstroom in die Wes-Kaap, met meer as 37% van die afval wat in die provinsie gegenereer word, organiese afval. Die storting van organiese afval lei tot verlies aan lugruim, metaan- en logvloeistofvorming, reuk en gesondheidsimpakte.” Aangehaal vanuit die Langeberg munisipaliteit se saamgestelde afvalbestuursplandokument.
Die volgende afdelings van afval kom voor in die Die Langebergdistrik:
Normale afval, organiese afval, boumateriaal, gevaarlike afval en ander. Daar is van die materiale wat herwin kan word en dit is moontlik vir al die gebiede van die Langebergdistrik. Die munisipaliteit voorsien die regte deurskynende sakke aan hoë-, middel- en lae inkomste gebiede; aan formele en informele gebiede asook aan besighede en skole. Die sakke met die hernubare materiale word met ‘n trok vervoer tot by die naaste herwinningsfasiliteit, wat in Ashton is, genaamd Southey’s Recycling.

Die meeste mense dink as hulle alles net in een sak gooi, is dit reg. Dit maak die werk van die maatskappy moeiliker. Die LLM, (Langeberg Local Municipality) of Langeberg Plaaslike Munisipaliteit, verskaf inligting aan skole en besighede oor herwinning. Daar word ook aan hulle asblikke op wiele en groot afvalhouers vir boumateriaal en tuinafval verskaf. Enige afval in dié asblikke word weekliks op Donderdae deur sy eie dorp se vullisverwyderingstrokke gevat en óf herwin óf op die dorp se asgate gegooi.
Die beter, groener opsie is om die meeste moontlike dinge te herwin en ons aarde op te pas. Doen jou deel en saam kan ons plaaslik die aarde ‘n beter plek maak.
Opinies oor herwinning van Hoërskool Bonnievale-leerders:
Liandri Neethling (gr. 11): “Ek dink dit is ‘n goeie ding vir die omgewing en die diere. Dit is ‘n belangrike ding om toe te pas sodat ons almal veilig en gesond sal wees.”
Nelius van Heerden (gr.10): “Herwinning is ‘n fantastiese gewoonte, want dit maak die omgewing skoon.”

Ek is baie lief vir diere en hou daarvan om nuwe goed aan te leer.