Gedagtes wat verdwyn?

Gedagtes wat verdwyn?


Met die nuwe instelling van ‘n “Doen dit nou”-roetine moet leerders van Hoërskool Bonnievale daagliks aan die begin van elke klas vir vyf minute hersiening doen van wat hulle in die vorige les geleer het.

Die probleem is egter dat die meeste leerders die werk vergeet en dit is ‘n natuurlike ding wat gebeur in die menslike brein. Sit jouself in die skoolskoene van ‘n skolier wat elke dag van 7 tot 10 vakke se huiswerk moet voltooi, vir ten minste een toets per week moet leer, vir twee take per vak moet navorsing doen en buitemuurse aktiwiteite het. Só ‘n dag kan jou mal maak.

Die menslike brein kan soms propvol afleibare gedagtes wees. Foto: Verskaf

Soos ek gesê het, om te vergeet is menslik en dit kan veroorsaak word deur verskeie dinge. Een rede kan min slaap wees. Jy is vol ongewenste buie wat jou kop deurmekaar kan maak.

Volgens Harvard Health Publishing van Harvard Medical School is medikasie ook ‘n faktor, soos antidepressante wat jou geheue kan beïnvloed. Spanning en angs is ‘n oorsaak van konsentrasieverlies.

Volgens Chante Meyer, ‘n HSB-leerder in gr. 9, is aandagafleibaarheid vir haar ‘n probleem om te onthou wat sy elke dag moet doen. 

Een manier om te onthou is om notas rondom jou werksplek te sit of om op jou slimfoon of rekenaar by jou kalender ‘n herinnering in te stel en breke te neem deur die dag. Nog ‘n ding is om georganiseerd te wees.

Volgens Kayleigh Munnik in gr. 9 is organisering en vroeë voltooiing van take krities. Stel elke week vir jouself sperdatums vir take en toetse.

 

 

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

16 − 11 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights