Fluit-fluit die rugby- en netbalseisoen is uit

Die einde van die derde kwartaal beteken nie net dat dit amper vakansie is nie, maar ook dat dit die einde van die netbal- en rugbyseisoen is.
Nereen Goodman, eerstespannetbalkaptein, sê nou dat die netbal seisoen oor is het sy meer tyd om op haar studies te fokus. Sy sê net omdat die netbalseisoen oor is, beteken dit nie dat sy ophou oefen nie, sy moet nog fiks bly vir haar netbaltoer in Engeland aan die einde van die kwartaal.
Janke Brink, eerstespanspeler, sê:” Ek voel hartseer dat die netbal nou verby is, want dit was ‘n baie lekker netbalseisoen en die matrieks in ons span gaan nou uit die skool uit. Nou dat die netbalseisoen oor is het ek oorgeskakel atletiek toe en daar is nou toetse so ek bestee meer tyd aan akademie.”
Maar dit is nie net die netbalseisoen wat gestop het nie. Jacobus Steyn, rugbyspeler, sê dat hy nou meer tyd aan sy studies bestee en hy beplan om weer vir ‘n slag laat te slaap naweke.
En so het die eindfluitjie geblaas vir 2018 se netbal- en rugbyseisoen.
![]()

Ek is ‘n plaasmeisie. Ek hou van kuns en musiek. Ek geniet dit om al die nuwe modes te sien en ek hou daarvan om te skryf.