Eerder bang Jan as dooie Jan
Daar staan ek toe, baie goed voorbereid vir wat met my gaan gebeur. Dit was sulke tyd, ek moes voor ‘n hele klas lees. Iets waarmee ek nie so gemaklik is nie.
Aan die begin het alles goed en wel gegaan. Ek het voorbereid geklink en goed gelees. Ek was selfbewus oor klein foute wat ek gemaak het. Ek was op my senuwees, wat veroorsaak het dat my tong knoop. Die klas se aandag was toe nog méér op my gevestig. Een van die afdelings waarvoor ek punte gekry het, was selfvertroue.

Dit was duidelik sigbaar dat dit al hoe minder geraak het soos wat ek aangegaan het. My onderbewussyn het begin inskop. My bene het begin bewe sonder dat ek dit kon beheer. Daardie effek het net meer geraak en my bolyf aangesteek. Ek het so erg begin skud dat ek moes begin rondloop.
Ek kon nog steeds die sensasie voel wat deur my bene beweeg, ek was meer verskrik deur die klas en die aandag wat op mý gevestig is as die inligting wat die teks vir my deurgegee is. Ek moes oor die bekende ‘Vlad Dracula’ lees en al die gruweldade wat hy gedoen het. Nie eers dit het ‘n haar op my nek laat rys nie.
My 1.5 minuut-leestyd het minder geraak. Uiteindelik was ek klaar gelees en ek weet wat om te verwag. Nie ‘n goeie punt nie. Veral nie met die atmosfeer wat ek geskep het nie. Ek hou daarvan om informeel voor mense te praat, maar definitief nie waar alle aandag op my gevestig is nie.

Twee dae later kry ons ons punte. In vergelyking met die ander kinders s’n, het ek nie te sleg gedoen nie. Ek het 8 uit 8 vir my uitspraak en 6 uit 10 vir my selfvertoue gekry. Darem het ek 75% in totaal gekry. Ek was tevrede met my punte. Nie dat dit juis goed is nie, maar vir die bietjie wat ek kon reg kry.
Dit was definitief die stresvolste hardop-lees van my lewe. Daarmee het ek weer geleer dat die vinnigste pad om aan die ander kant van die storm te kom, is om daardeur te storm.

Ek is baie lief vir diere en hou daarvan om nuwe goed aan te leer.
One Reply to “Eerder bang Jan as dooie Jan”
Ek is baie trots op jou! Jy het vergeet om te noem dat al het die senuwees orgeneem en die bewerasies ingeskop, het jy steeds aangehou lees, jy het baie min foute gemaak uit die teks self en dat ek verstom was met jou vermoeë om te “recover” na jou angs episode – dit was baie indrukwekkend. You did it once, you will be even better next time.