Duitse uitruilstudente: kulturele avontuur

Duitse uitruilstudente: kulturele avontuur


Drie graadelfleerders van Hoërskool Bonnievale, Mukelani Dube, Tyrese Thousand en Ruben Amos, is gekies om op ‘n uitruilprogram in Augustus na Duitsland toe te gaan. Vier uitruilstudente (Bruno, Lilly, Julie en Carthy) van Quidlinburg, Duitsland het Hoërskool Bonnievale op 20 Oktober 2023 besoek.

HSB se drie uitruilstudente het vir hulle gewys hoe Hoërskool Bonnievale lyk en hoe ‘n skooldag in Bonnievale verloop. Die Saterdag het hulle Kaap toe gereis om ‘n paar wilde diere te gaan besigtig. 

Bruno (14 jaar oud) sê dat Suid-Afrika vir hom ‘n bitter mooi plek is en omring is deur natuur, alhoewel die kultuur baie verskil van hulle s’n. Hy sê ook dat hy dit baie snaaks vind dat die seuns kortbroeke met lang kouse dra.

Carthy sê dat sy mense aanbeveel wat in Suid-Afrika reis om die krotbuurte en armer plekke te beleef en besoek. Dit was vir haar ongelooflik om te sien hoe minderbevoorregtes nog steeds met ‘n glimlag leef en hoe groot almal se families is. 

Tyrese Thousand (graad 11) sê: “Dit was vir my baie lekker, want ek kon my kultuur deel met hulle: die goeie en die slegte. Dit was vir my ook baie interessant om hulle opinies en kommentaar te hoor en wat hulle anders vind hier as in Duitsland.”

Die uitruilprogram is deur die Langeberg Munisipaliteit geörganiseer en HSB se leerders is deur ‘n privaat-donateur geborg.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

11 + eleven =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights