Dodelike ontdekking
“You will observe with concern how long a useful Truth may be known, and exist, before it is generally received and practised on.” skryf Benjamin Franklin aan een van sy vriende in 1783. Hy beskryf in die brief hoe geskok hy is dat 60 jaar nadat dit uitgevind is dat lood giftig is, lood nog steeds in algemene produkte gebruik word soos blikkieskos, wit dakverf en waterhouers.

Kom ons spring vorentoe na 1916 en die jong uitvinder Thomas Midgley jr. is besig om ‘n toevoeging tot petrol te vind om enjin-klop te verminder. Hierdie was ‘n probleem wat voorgekom het in die nuwe 1912 Cadillac-model. Enjin-klop vind plaas wanneer die brandstof in die silinder vroegtydig ontplof omdat die brandstof meer drukking ervaar het as met vorige modelle.
Hy het vele onkonvensionele middels probeer, van aliminium-chloried tot gesmelte botter. Een van die eerste middels wat gewerk het, was tellurium. Maar hierdie stof het ongelooflik sleg geruik, volgens chemistryworld.com skakel jou liggaam die dampe om en laat jou asem soos sterk knoffel ruik. Jy kan dus nie ontslae raak van die stank deur jou klere uit te trek of te was nie. Mnr. Thomas se vrou het die reuk glo so verafsku dat sy hom vir sewe maande in hulle huis se kelder laat slaap het.
Maar op 3 Desenber 1921, ná 5 jaar se gewoeker met hierdie taak, het Thomas Midgley, volgens hom, die perfekte toevoeging tot petrol gevind: tetraetiel lood. Hierdie teovoeging was nie net reukloos nie, maar was ook goedkoop om te vervaardig en baie effektief. Slegs 1 tot 1000 was nodig om van die enjinklop ontslae te raak.
In ‘n telefoonoproep aan sy baas, Charles Kettering, het hy voorspel dat sy uitvinding tot $200 000 gaan maak, of selfs meer. Dit is ongeveer R64 000 000 in vandag se tyd. Die American Chemical Society het aan Thomas Midgley die Nicholsmedalje toegeken vir sy oplossing. Hierdie was ook een van die eerste toekennings in sy lewe.

Saam met Kettering stig hulle die Ethyl Gasoline Corporation. Hierdie naamkeuse was waarskynlik om dit te verwar met Ethyl Alkohol, ‘n ander algemene toevoeging daardie tyd. Hulle het uitstekende bemarking gehad, maar nooit lood genoem nie. Hulle besigheid het ook geluk getref toe die tot drie wedrenners van die 1923 Indianapolis 500 wedren almal van Ethyl gebruik gemaak het.
Die vraag na Ethyl brandstof het so gegroei dat hulle ‘n tweede chemiese aanleg aangebou. Volgens TheNation.com het ‘n klomp van die werkers simptome van loodvergiftiging getoon, met vyf mense wat gesterf het.
Hierdie het onrus in die media opgewek oor tetraetiellood se veiligheid. Die woorde van Frank Howard aan die New York times op 21 Mei 1925 som die brandstofindustrie se houding daarteenoor mooi op: “We do not feel justified in giving up what has come to the industry like a gift from heaven on the possibility that a hazard may be involved in it.”
Ná ‘n klomp kontroversiële besluite, brand miljoene karre lood regoor die wêreld vir die volgende 50 jaar. Dit het veroorsaak dat daar baie lood in die atmosfeer is.
Watter effek het dit op die mense gehad van daardie tyd?
Soos meeste van julle sal weet, is lood giftig. Dit kom baie voor soos kalsium vir die liggaam en word so in jou bene geabsorbeer waar dit jou vir letterlik jare kan vergiftig. Die orgaan wat die kwesbaarste is vir lood, is die brein. Die lood veroorsaak dat die brein nie meer effektief boodskappe kan stuur nie en kan lei tot kopseer, geheueverlies sowel as pernamente leer- en gedragsprobleme. Die WHO dui aan dat 66% van alle onverduidelike verstandelike gestremdhede is as gevolg van loodvergiftiging.
Studies gelei deur Chair Patterson het aangedui mense in die 1900’s het tot ‘n 1000 keer meer lood in hulle bene as 1600 jare gelede. Hierdie is slegte nuus, want daar is geen veilige inname van lood nie. Lood is giftig, maak nie saak hoe min jy inneem nie.
‘n Studie in 2022 het gevind 50% van alle mense in Amerika is blootgestel aan hoër loodvlakke in hul vroeë kinderjare. Daardie getal spring op na 90% vir mense tussen 1951 en 1980. Die skrywers skryf verder dat hulle glo dat meer as 8 miljoen IQ-punte het verlore gegaan aan loodvergiftiging. Die wêreld is 8 miljoen iQ-punte dommer as gevolg van lood in petrol 100 jaar gelede.

‘n Ander studie van 340 jongmense in jeugmisdadigersentrums in Amerika het gevind dat kinders wat gearresteer is gemiddeld vier keer meer lood in hul bloed gehad het as kinders wat nie ‘n onderonsie met die wet gehad het nie.
‘n Ander studie in 2018 het aangedui dat lood verantwoordelik was vir 250 000 hartsiektesterftes ‘n jaar. As ons ‘n konstante koers aanneem, kan ons projekteer dat meer as 100 miljoen mense gesterf het as gevolg van lood in petrol.
Uiteindelik, op 1 Januarie 1976, het Amerika alle loodbrandstof verban as deel van hulle Clean Air Act, maar die meeste skade was al verrig…
![]()

Ek is ‘n trotse Bonnievaler, wat hou van programering en musiek. En is natuurlik, ‘n trotse VOORWAARTS-redaksielid!