Deelname by kleure-swemgala sink al dieper

Die Bonnies het op Woesdag 23 Januarie geskop en gespat in HSB se skoolswembad.
Vanjaar het die Groenspan water in die Geelspan se oë geskop. Hulle het die kleure-swemgala gewen.
Ongelukkig word die deelname aan hierdie swemgala elke jaar al hoe minder. Ondersteunende HSB-toeskouers word ook so skaars soos hoendertande.
Janke Brink (gr.11) gee haar opinie:

Ek geniet dit om saam met my vriende en vriendinne te kuier. Ek is baie lief vir musiek en netbal. Om te lag is my gunstelingontspanning.