CSV-ysbreker VUURWARM!

CSV-ysbreker VUURWARM!


Die CSV van 2018. Foto: Hilda Jonker

Op Woensdag 28 Februarie 2018 is Hoërskool Bonnievale se CSV-ysbreker deur die kringleiers van 2018 aangebied. Die CSV-voorsitter, Francois Tredoux, was in beheer van die reëlings.

Die doel van die ysbreker was dat die CSV-lede mekaar beter kon leer ken en gemakliker kon raak in mekaar se geselskap. Dit was ook ‘n geleentheid waartydens die kringleiers op ‘n informele wyse met hul kringlede kon skakel.

Die geleentheid het op die skoolterrein van Hoërskool Bonnievale plaasgevind in die vorm van boeresport.

Die CSV-lede is in spanne gedeel en het in hul spanne tussen die verskillende speletjies geroteer. Twee kringlede was by elke speletjie om te verduidelik wat die deelnemers moes doen.

Die aktiwiteite wat aangebied is, was onder andere stroopappels wat deelnemers sonder hul hande of arms moes dra. Kringlede moes ook ‘n ui tussen hulle knieë oor ‘n afstand van ongeveer 15m dra en in ‘n boks laat val. ‘n Verdere aktiwiteit om hul spanwerk te toets, was toutrek.

Deelnemers moes ook in een van die speletjies ‘n tafeltennisballetjie oor ‘n hindernis van vier watergevulde koppies blaas totdat die balletjie in ‘n leë koppie beland.

Allison Fourie (gr. 9), ook ‘n CSV-lid, het die volgende te sê gehad, “Ek het die middag baie geniet. Dit was lekker om aan al die verskillende aktiwiteite as spanne deel te neem. Dit was ‘n goeie manier om die jaar se CSV af te skop.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × three =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights