Caledon-tragedie skok skoolgemeenskappe

Caledon-tragedie skok skoolgemeenskappe


Deveney Nel, ‘n graad 10-leerder se liggaam is 7 Augustus by Hoërskool Overberg in Caledon gevind. Hierdie tragedie, in ‘n gewoonlik relatief veilige dorpie, het skokgolwe deur skoolgemeenskappe in Suid-Afrika gestuur.

Volgens beriggewing het Deveney se ma bekommerd vir haar by die huis gewag nadat sy haar saamrygeleentheid verpas het en nie huis toe gekom het nie. ‘n Soektog is van stapel gestuur. Haar liggaam is die Woensdagaand in ‘n stoorkamer by die skool gevind.

Hierdie gebeurtenis het vrees onder tieners wat by HS Bonnievale skoolgaan ook geskep en het vraagtekens oor veiligheid by skole laat ontstaan.

Leila-Rose Thomas, ‘n gr. 10-leerder van Hoërskool Bonnievale, sê: “Dit maak my beslis angstig om enigsins, selfs met ‘n vriend of vriendin, in ‘n stil omgewing te wees; of om net ná skool so 500 meter huis toe te stap. Sulke goed gebeur elke dag oral in die wêreld met verskeie mense, maar dit het nou ewe skielik ‘n groot vrees by my ontwikkel.”

“My hart gaan uit na Deveney se gesin, die skoolhoof, personeel en leerders van HS Overberg. Ek weet ‘n mens doen alles in jou vermoë om die skool ‘n veilige plek te maak en jy sorg dat alle stelsels en voorsorgmaatreëls in plek is, maar dan gebeur so iets, wat geen skoolbestuur of beheerliggaam kon voorkom nie. Dit het ons ook ons eie skoolveiligheidsmaatreëls laat hersien. Dit sal by volgende week se Skoolbeheerliggaamvergadering bespreek word. Die SBL ondersoek byvoorbeeld die moontlikheid om ons huidige kameranetwerk verder uit te brei, ” sê mnr. Stefan Prins, skoolhoof van Hoërskool Bonnievale.

‘n 17-jarige verdagte is onlangs in hegtenis geneem in verband met die moord.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

two × 5 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights