Bring die water, bring die sand…

Bring die water, bring die sand…


Rook borrel by HSB se fotostaatkamer uit nadat ‘n fotostaatmasjien aan die brand geslaan het. Foto: Verskaf

‘n Donker rookwolk het vanoggend om 10:30 oor Hoërskool Bonnievale gehang nadat ‘n brand in die skool se fotostaatkamer ontstaan het.

Nadat ‘n brandklok gelui is, is al die klaskamers binne sekondes ontruim.

Ashton se brandweer het binne tien minute na die oproep gemaak is opgedaag en gekeer dat die vlamme na ander vertrekke versprei.

Die brand het vermoedelik in een van die fotostaatmasjiene ontstaan.

Dit was onder andere te danke aan me. Aletta Els, die wiskundeonderwyseres, se vinnige uitroepe dat die situasie vinnig onder beheer gebring kon word. Aanvanklik het sy gedink die oorsprong was op ‘n ander plek en sy het per toeval in die fotostaatkamer se rigting gekyk toe sy die donker rook by die fotostaatkamer se deur sien uitkom het.

“Toe die lang klok lui, het ek glad nie verwag dat daar regtig ‘n vuur sal wees nie,” het Luané Wessels (gr.12) verbaas gesê.

HSB se skoolhoof, mnr. Johan Els, het sy lewe in gevaar gestel toe hy die fotostaatkamer se deur oopmaak om seker te maak daar is niemand vasgevang binne die vertrek nie. Daarna het hy die situasie beheer deur die deur toe te maak om sodoende die toevloei van suurstof, wat die vuur verder sou aanvlam, te verminder.

Mnr. Els het op Facebook gesê: “Spesiaal dank en gelukwense aan ons munisipale brandweer. Hulle het flink reageer en die brandskade beperk.”

Die ergste skade is twee fotostaatmasjiene en ‘n paar rekenaars wat verlore is. Die hele afrolkamer sal ook gerestoureer moet word.

Vir meer foto’s en video’s, besoek Voorwaarts op Facebook en Instagram.

Die fotostaatkamer nadat die brand geblus is. Foto: Verskaf

 

Die twee fotostaatmasjiene wat in die slag gebly het. Foto: Verskaf

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

thirteen − five =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights