Bonnievalers dans dat stof staan

Bonnievalers dans dat stof staan


Op Saterdag 11 Mei 2019 het Bonnievalers gedans dat die stof staan. Die Vryburgers Dans- en Steak-ete het om 19:00 te Joubertsdal plaasgevind. Dit is die derde jaar wat hierdie aand plaasvind.

 Me. Mia Carstens is die hooforganiseerder.

Die advertensie wat gebruik is om die dans te bemark. Foto: verskaf.

Die Vryburgers is ’n liefdadigheidsorganisasie wat funksies reël om geld in te samel en dit dat een keer ’n jaar aan verskillende nie-winsgewende organisasies in en om Bonnievale gee. Hulle het reeds vanjaar ongeveer R50 000 aan die gemeenskap gegee.

Daar was ongeveer 135 mense by die dans en elkeen is bedien met ’n 300g-biefstuk, slaai, sous, tjips en brood.

Mnr. Gerhard Carstens, voorsitter van die Vryburgers, se woorde: “Dit was ’n lekker, suksesvolle aand. Die mense het dit baie geniet. Daar is lekker gedans op goeie musiek. Daar was geen klagtes.”

Die gemeenskap het die Vryburgers goed ondersteun by hierdie geleentheid.

Op 1 Junie 2019 gaan die Vryburgers ook hul jaarlikse Gholfdag hou. Vir verdere inligting oor hierdie dag, kontak Mnr. Vaughan Thomas by 083 503 7335.

Loading


One Reply to “Bonnievalers dans dat stof staan”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

eight + six =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights