Bonnievale se eie planetarium

Bonnievale se eie planetarium


As jy die afgelope tyd die nagruim bestudeer het, sou jy agtergekom  dat die maan, sterre en sonsondergang ‘n bietjie anders lyk as gewoonlik.

Op 16 Mei was daar byvoorbeeld die maansverduistering, wat die maan groot, rooi en helderder gemaak het.

Hierdie jaar is daar baie ruimtegebeurtenisse soos die supermaan (14 Julie) en die mikromaan (29 Julie).

Die supermaan vertoon groter as gewoonlik vanaf die aarde omdat die maan in sy wentelbaan op sy naaste punt aan die aarde is. Daarteenoor vertoon die mikromaan kleiner as ‘n gewone volmaan omdat die maan in sy wentelbaan op sy verste punt van die aarde af is. Hierdie verskynsels is almal sigbaar in Suid-Afrika.

Ander groot ruimtegebeurtennisse wat jy met die blote oog kan sien gebeur omtrent daagliks. Soos sterre wat oorvleuel om een groot helder ster vanuit ons perspektief te vorm.

‘n “Konjunksie” in sterrekunde kom voor wanneer jy vanaf die aarde waarneem dat twee hemelliggame lyk of hulle bymekaar is. In werklikheid is hulle nie naby mekaar in die ruimte nie. Op 29 Mei het Mars en Jupiter op hulle naaste aan mekaar vertoon alhoewel hulle 560 miljoen kilometer van mekaar af is.

Jupiter en Mars wat lyk asof hulle oor mekaar vleuel.  Foto: Verskaf
28-30 Mei 2022 — 30 minute voor sonsopkoms. Foto: Verskaf

Vir meer foto’s druk hier.

Verskietende sterre, of meteoriete, kan daagliks gesien word en is nie soos die maanverskynsels net op sekere dae sigbaar nie. Aangesien die meeste meteoriete uitbrand voordat hulle die aarde tref, is hulle skaarser as goud, diamante en platinum.

Volgens LiveScience se webblad kan jy ‘n meteoriet verkoop vir enige iets tussen R4 500 en R15 000 per gram. As jy ‘n klippie van 100-gram die vakansie iewers opgetel het, het jy genoeg geld om vir jou ‘n huis én ‘n motor te koop!

Nie net die aandlig is vol wonders nie, maar die skemerlig het ook deesdae iets uniek. Die skemerlig vertoon op die oomblik rooier as gewoonlik. Die rede hiervoor is dat die stofpartikels in die lug rooi reflekteer en die hemelruim ‘n roosagtige skynsel verkry sodra die son begin sak.

Daar is so baie wonderlike goed in die aandlig. Al wat jy moet doen, is om vir ‘n slag jou kop op te lig en jou oë te rig na die sterreruim daar bo.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

one × four =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights