Bonnies skop stof in LS Montagu se oë

Bonnies skop stof in LS Montagu se oë


Lee-Colynn Baadjies (o.13) in aksie tydens haar netbalwedstryd. Foto: Suzan Wentzel

Op Donderdag 9 Mei 2019 het Hoërskool Bonnievale (HSB) se laerskoolrugby- en netbalspanne die spanne van Laerskool Montagu aangevat. Die wedstryd het op die Bonnies se tuisveld plaasgevind.

By die byeenkoms het daar sestien netbalspanne en vyf rugbyspanne van HSB deelgeneem. Die meeste van die spanne het met die louere weggestap.

Die netbaluitslae is as volg:

  • O.7A: 4-2 gewen
  • O.7B: 3-0 gewen
  • O.7C: 1-0 gewen
  • O.8A: 9-5 gewen
  • O.8B: 3-0 gewen
  • O.9A: 10-1 gewen
  • O.9B: 5-3 gewen
  • O.10A: 7-11 verloor 
  • O.10B: 1-2 verloor
  • O.10C: 6-3 gewen
  • O.11A: 4-7 verloor
  • O.11B: 2-2 gelyk
  • O.11C: 8-2 gewen
  • O.12A: 10-6 gewen
  • O.12B: 4-7 verloor
  • O.13A: 14-25 verloor

Rugby-uitslae:

  • O.7: 2-2 gelyk (aantal drieë)
  • O.8: 8-5 gewen (aantal drieë)
  • O.9: 2-7 verloor (aantal drieë)
  • O.11: 22-23 verloor
  • O.13: 14-44 verloor

Anina Visser (‘n netbalspeelster van die o.11A-span) het die volgende oor die dag te sê: “Dit was ‘n baie lekker dag om netbal te speel. Alhoewel ons span verloor het, sal ons nog steeds volgende keer harder probeer.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

one + 5 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights