Bonnies en Zebras meet kragte

Met ‘n gekners van tande en toeskouerharte wat touspring, was alle oë op Saterdagmiddag 4 Augustus 2018 om 12:10 op Hoërskool Bonnievale (HSB) se A-rugbyveld gerig.
Die Bonnies (HSB) en die Zebras (Hoërskool Piketberg) se eerste rugbyspanne het hul afrigters, ouers en ander spelers vlak laat asemhaal met hul kop-aan-kop spel. Die spanne het gelykop gespeel met ‘n eindtelling van 14-14.
Hoërskool Piketberg is Saterdagoggend op HSB se sportterrein verwelkom. Om 09:00 is die eerste fluitjies vir die dag geblaas. Beide hoërskool- en laerskoolspanne het deel uitgemaak van die dag se wedstryde.
HSB se eerste netbalspan het ‘n taai stryd teen Piketberg beleef en het hulle wedstryd teen die Zebra-meisies verloor. “Alhoewel ons ons wedstryd verloor het, het ons goeie spel gelewer en hard gewerk,” is Janke Brink (o.19A-netbalspeler) se mening.
Ten spyte van die koue weer het die dag se donker wolke ook hul silwer randjies gehad. Die wedstrydtellings van die dag teen HSB se opponente was as volg:
Laerskool Netbal:
O.7A: 11-3 (wen)
O.7B: 8-3 (wen)
O.8A: 8-3 (wen)
O.8B: 10-0 (wen)
O.9A: 11-3 (wen)
O.9B: 10-0 (wen)
O.10A: 4-13 (verloor)
O.10B: 5-8 (verloor)
O.11A: 6-6 (gelyk)
O.11B: 2-6 (verloor)
O.13A: 25-15 (wen)
O.13B: 6-5 (wen)
Hoërskool Netbal:
O.14A: 16-20 (verloor)
O.14B: 10-7 (wen)
O.15A: 9-12 (verloor)
O.15B: 15-11 (wen)
O.16A: 15-15 (gelyk)
O.16B: 16-22 (verloor)
O.17A: 5-14 (verloor)
O.17B: 13-11 (wen)
O.19C: 15-3 (wen)
O.19B: 19-8 (wen)
O.19A: 25-38 (verloor)
Laerskool Rugby:
O.7: 11-2 (wen)
O.8: 11-0 (wen)
O.11: 0-39 (verloor)
O.13: 5-50 (verloor)
Hoërskool Rugby:
O.15: 14-0 (wen)
O.19B: 15-13 (wen)
O.19A: 14-14 (gelyk)
‘n HSB-leerder en noodhulphelper, Kia Mouton (gr. 12), het die volgende gesê na afloop van die dag: “Ek raak nie gewoonlik so gespanne terwyl ek rugby kyk nie, maar ek was vasgevang in die o.19A-span se wedstryd wat gelykop geëindig het!”
Klik gerus hier om meer aksiefoto’s van dié dag te sien.

Ek kan nie ‘n wêreld sonder dans en musiek indink nie en my droom is om Alaska te sien.