Black Panther breek deur grense!

Reggiseur: Ryan Coogle
Akteurs: Michael B. Jordan, Martin Freeman, Chadwick Boseman
Genre: Wetenskapfiksie
Ouderdom-begeleiding: 13+
Gradering: 4/5
Die wetenskapfiksie-film, Black Panther, het duidelik bewys daar loop nie nét leeus in Afrika rond nie. Die film wek ongekende belangstelling onder jonk en oud, omdat dit buite die grense van die stereotipiese Afrika-film beweeg.
Black Panther handel oor ‘n Afrika wat onafhanklik regeer word en nie deur kolonialisme beïnvloed is nie. Hier word Afrika uitgebeeld as ‘n vasteland wat tegnologies hoogs gevorderd is. ‘n Situasie ontstaan waar die superheld (uitstekend vertolk deur Chadwick Boseman) se hiper-ontwikkelde koninkryk, Wakanda, en sy leiding bedreig word deur die antagonis (Michael B. Jordan).
Indrukwekkende choreografie kan enige dag meeding met die beste Hollywood-flims. Kykers word veral geboei deur ‘n hoë spanningslyn en humoristiese tonele. Alhoewel opwinding geskep word met superkragte wat in realiteit plaasvind is daar effens ‘n eentonigheid met oorbodige dialoog wat kykers se intelligensie so ietwat onderskat.
Ek beveel hierdie fliek definitief vir kykers aan wat versot is op wetenskapfiksie asook kykers wat ‘n verbeeldingryke perspektief van Afrika wil sien.

Ek is afkomstig van die landelike dorpie, Bonnievale. Ek geniet dit om navrae te doen oor stories waarvan die jeug nie bewus is nie. My rolmodel is Suna Venter, die vreeslose jong joernalis wat ‘n stem was vir die wat nie een gehad het nie. My skool, Hoërskool Bonnievale, inspireer my om my drome na te streef . Hier dink ons anders, want ons drink anders, want daar is iets in die water.