Aanlyn program pronk

Aanlyn program pronk


Stres jy dalk oor die komende eksamen? Sukkel jy dalk met Wiskunde? Is Fisiese Wetenskappe besig om jou te knak? Die stres, druk en senuwees gaan verlig word nadat jy gebruik maak van die nuutste Wiskunde en Fisiese Wetenskappe-program, Sijavula Education deur Neels Westhuizen.

Grafika: Siyavula se logo. Verskaf

Sijavula Education is ‘n aanlyn program wat deur Mark Horner, Hoof Uitvoerende Beampte van Sijavula Education, geskep is.

Hierdie aanlyn program maak gebruik van innemende, geïntegreerde en hoë kwaliteit leerervarings. Die program bied slegs Wiskunde (graad 8 tot 12) en Fisiese Wetenskappe (graad 10 tot 12) aan.

Die program is gratis. Jy benodig slegs internettoegang deur ‘n rekenaar, tablet of selfoon.

Die program laat jou toe om aanlyn Wiskunde en Fisiese Wetenskappe-vrae te beantwoord. Die antwoorde wat ingevoer word, word nagesien en dan word daar stap vir stap verduidelik hoe om komplekse vrae te vereenvoudig en maklik tred te hou met jou vordering.

Sijavula bied ook vorige eksamenvraestelle aan vir graad 11’s en 12’s om hulself goed voor te berei vir hul eksamens.

Dié wat vrees vir hulle opkomende Wiskunde en Fisiese Wetenskappe-vraestelle kan gratis registreer by siyavula.com/sign-in.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × five =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights