A Boy Called Christmas

A Boy Called Christmas


A Boy Called Christmas” is ʼn boek geskryf deur die outeur Matt Haig. Die boek was op 26 November 2021 vrygestel in die Verenigde Koninkryk, en is ook as ʼn film vrygestel met die hulp van die direkteur Gil Kenan.

Die boek, 'A Boy Called Christmas'
Die boek voorblad, ‘A Boy Called Christmas’ Foto:Verskaf

Die boek gaan oor ʼn jong seun genaamd,  Nikolas wat in moeilike omstandighede moes lewe in die woude van Finland. Sy ma is oorlede en sy pa, Joel, is ʼn arm houtkapper.

Met die desperaatheid vir geld het sy pa hom verlaat om saam met ʼn groep mans te gaan om te bewys dat elwe bestaan. Hy het Nikolas agtergelaat om by sy onheilspellende tante Charlotte te woon.

Nikolas het besluit om weg te hardloop om sy pa te gaan soek. Hy het vir maande in die woud rond geploeter en het honger geraak. Hy het hopeloosheid en koue in die gesig gestaar.

Met die hulp van Dimwick vind Nikolas uit dat hy verander het. Hy besef dat hy heeltemal anders is as die seun wat hy was.

Die boek leer jou belangrike lewenslesse soos om nie op te gee nie en altyd positief te wees.

Die storie is gepoeier met snaakse illustrasies en herinner mens dat goedheid en vriendelikheid ‘n soort towerkrag is.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

5 − 2 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights