Jong skrywer verskyn in POORT-publikasie

Jong skrywer verskyn in POORT-publikasie


Wat het die bekroonde digter en skrywer, Antjie Krog en een van Hoërskool Bonnievale (HSB) se eie jong skrywers, Rachelle du Preez, in gemeen? Albei het hul debuut in publikasies van POORT gemaak.

Waar die tekkie die teer slaan, die titel van die skryfstuk wat uit Rachelle (gr.10) se kreatiewe pen gevloei het, is deel van ‘n streng gekeurde groep skryfkuns wat in POORT 2018 gepubliseer is. Sy het beslis stof in vele deelnemers se oë geskop aangesien leerders uit skole regoor Suid-Afrika en Namibië kon deelneem.

Die hartroerende storie handel oor ‘n jong meisie se staptog na die kruin van ‘n berg waar haar oorlede vriendin begrawe is. Dié staptog saam met haar vriendin, wat in haar gedagtes saam met haar loop, neem haar op ‘n reis van aanvaarding en verwerking van haar vriendin se dood.

Die Poort-Skryfkompetisie vind al vanaf 1971 plaas en word aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat beoog om kreatiwiteit onder hoërskoolleerders te bevorder en te ontdek.

Rachelle du Preez met haar eie kopie van Poort 2018 Foto: Verskaf

“Daar is ‘n rukkie gelede al vir my  laat weet dat my storie in die boek gaan verskyn, maar dit het my glad nie voorberei op die oomblik toe ek die boek oopmaak en my naam in swart op wit sien nie. Dit was een van die beste gevoelens ooit!” was die woorde van Rachelle.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

1 + 11 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights